top of page

UITREIK AKSIES

MAATSKAPLIK EN UITREIK AKSIES

UITREIK

HELPENDE HAND PROJEKTE:

  

*   Helpende Hand sakke

Aan die begin van die jaar  word elke gesin gevra om `n sak vol nie-bederfbare produkte  saam te bring kerk toe. Produkte word uit gedeel aan gesinne soos behoeftes en omstandighede voorkom.

 

*   Mandjie-van-oorvloed  

Daar is geleentheid om een maal per maand een onbederfbare produk in die mandjie te plaas. Die nood is groot en elkeen se hulp in hierdie departement word waardeer. 

 

*   Skooltassie-projek

`n Nuwe projek waarin kinders in krisis/nood bygestaan word aan die begin van die jaar (dalk selfs gedurende die jaar) met skoolklere en skoolbenodigdhede.

​

*   Krap-`n-bietjie-klerekas

Goeie tweedehandse klere word ingevorder en geskenk vir die projek. Klere word verkry soos benodig word deur gemeente lede asook geskenk aan ons kollega gemeente in die Conville gemeenskap. Gemeentelede is welkom om klere uit die klerekas te kom kry, gratis en verniet.

​

​

CANSA

Ons neem deel aan verskeie CANSA projekte waarvan ons die jaarlikse CANSA Relay vir Life die afgelope sewe jaar aan deelneem. Dit is `n spesiale byeenkoms vir ons as gemeente om as span in te skryf en deel te neem. Tydens die byeenkoms kry ons die geleetheid om ons kanker "survivors" te vier en in herinnering geliefdes te eer. 

​

​

EVANGELISASIE/SENDING AKSIES EN UITREIKE

  

Ons doel is om betrokke te wees in die oesland en die evangelie uit te dra. Areas wat bedien word: Conville, Tembalethu en Hoekville.

 

Uitreike en Sondagskool speletjies dae by ons kollega kerke bring groot vreugde vir die gemeenskappe waarin hulle geleë is. Stories word aan kinders vertel, poppekas en heerlike worsbroodjies, koeldranke  en lekkers word uitgedeel. Hulp kan in die vorm van speelgoed, klere, finansies of hulp tydens die dag se aktiwiteite verleen word. 

 

​

 

​

 

SOPKOMBUIS:

Die Conville sopkombuis sorg weekliks dat honderde kinders `n maaltyd kan kry vir die dag. Vir sommige is dit die enigste maaltyd vir die dag. Ons ondersteun die Conville sopkombuis een keer per week met sopbestandele en broodjies.  Enige bydrae vir die projek is welkom en word opreg waardeer. Saam maak ons `n verskil in die gemeenskap.

CANSA Relay for life 2019
CANSA Relay for life 2018
bottom of page