top of page

VOLLE EVANGELIE KERK

`N GEMEENTE VIR DIE HELE GESIN

As gemeente fokus ons op ons verhouding met God en ons verhouding met mekaar. Ons glo in die Heilige Gees gawes en dat ons die Heilige Gees se krag nodig het in ons lewens om `n dissipel van Jesus te wees.  Ons glo daarin om mense toe te rus en die geleenthede te bied om hulle gawes en talente waarmee God hulle geseën het uit te leef en Hom daardeur te eer. Ons is `n gemeente wat omgee vir mense. In eenheid dien ons God, mekaar en die gemeenskap in liefde. Ons doel is om mense se lewens radikaal te verander om meer en meer soos Jesus te word deur uit te reik, mekaar te ondersteun en te dien.  Ons is `n gemeente vir die hele gesin waar die hele gesin kan in skakel, betrokke wees en God saam kan aanbid. Saam strewe ons daarna om te lewe vir Christus elke dag in alles wat ons doen. Ons kan in totale vryheid in Jesus lewe met die wete dat Hy die dood oorwin het en dat ons vrygemaak kan wees van enige houvas wat sonde op ons het. Ons weet dat ons dus ook met totale vrymoedigheid in Sy teenwoordigheid kan wees.

​

"aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen." - Efésiërs 3:21

About

KALENDER

Maandag      19:00   Gebedsgroep
Woensdag                 Dames Woordgroep 

                                   Woordgroepe (soos gereël)
Vrydag         15:00    Radikids Groepe (soos gereël)



 

Kalender
KONTAK ONS

Gestuur! U is ook welkom om ons kantoor te skakel vir inligting.

 AANWYSINGS
Contact
bottom of page